Logo HelmaTon

waarneming

18 oktober 2009. Categorie: 365 x stilstaan | aandacht.

WAARNEMING

vir Ernst van Heerden

.

Hoe ingewikkeld weerloos is die mens,

jy sou hom eerder uit die weg moet gaan,

tog kom dit voor dat jy teenoor hom staan

sonder gebruiksaanwysing, met die wens

dat julle saam iets van mekaar mag leer

binne die sober voorbestemde perk.

Gaan dan met groot omsigtigheid te werk:

van alles waaraan hy hom kan beseer

-hy wat so seldsaam letselvatbaar is-

sal jy jou nooit volledig vergewis

vóór dit te laat is om hom af te sweer.

.

Elisabeth Eybers -Versamelde Gedigte, 1990.

Reageer